Jabulani Hengelkompetisie vir ‘n goeie doel
MAKOPPA – ‘n Hengelkompetisie ten bate van Huis Immergroen word op 4 April 2009 op die plaas Diepwater te Makoppa aangebied. Die kompetisie sal reeds om 07:00 begin, sodat die hengelaars genoeg tyd het om “die grote” te vang. Die inskrywingsfooi is R600 per span per pen en nie-hengelaars betaal R50 ingangsfooi. Die reëls is as volg: Penne gaan getrek word vir die 3 persone per inskrywing. Slegs 3 persone per pen word toegelaat (penmaats). Slegs persone wie vir die kompetisie ingeskryf het, mag in die dam hengel. Slegs twee stokke per hengelaar word toegelaat. Geen bote, aasbote of kano’s word toegelaat nie. Hengelaars mag tot onder-arm diepte in dam instap op eie risiko, om ‘n vis te speel of uit te haal. Akkommodasie is beskikbaar op vooraf besprekings by Dawie of Kobus Snyman.
Pryse word vir die swaarste karp, swaarste barber, swaarste kurper en swaarste sak toegeken alhoewel daar ander pryse ook op die spel is. Volgens die organiseerders is daar volop belangstelling en inskrywings van so ver as Rustenburg stroom in.
Hou Die Kwêvoël dop vir verder inligting of kontak Jaco van Vuuren by 082 439 1440, Dawie Snyman by 083 306 6346 of Kobus Snyman by 083 230 4037.