General

‘n Fees propvol pret en plesier

THABAZIMBI – Die jaarlikse Thabazimbi Wild en Toerisme Expo is net om die draai en almal is welkom om die naweek van 30 April tot 2 Mei ‘n draai te kom maak in die hartjie van die Bosveld by Thaba Park in Thabazimbi. Die jaar is daar ‘n groter verskeindenheid van aktiwiteite, speletjies, toere, kompetisies en kunstenaars uit die boonste rakke.
Steve Hofmeyr maak ook ‘n draai by die jaar se Wildsfees en dit is maar net ‘n voorsmakie van wat te wagte is op die musiekspyskaart vir die Fees. Hy het al meer as 1.5 miljoen plate verkoop en het ‘n SAMA gewen vir die top verkoper in Suid-Afrika. Steve bring in 2009 sy  ongelooflike skouspel na die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo wat die nuwe betekenis aan die woord “makietie” gaan gee. Nog vele kunstenaars sal vir die daaglikse musiekprogram sorg, en ‘n skynorkes (cover band) sal vir topgehalte vermaak in die massiewe biertuin sorg.
Dié naweek beloof om propvol plesier en genot te wees – van aktiwiteite en kompetisies tot demonstrasies en tonne stalletjies. Hetsy dit nou die gewilde Kudu Quad Fun Run, die jaarlikse opwindende Jaggeweer- en Boogskiet kompetisie, die splinternuwe Tent Opslaan kompetisie of die “wys-wies-baas” in die Tou-Trek kompetisie is, is daar net een ding wat verseker is -2009 se Expo kan nie misgeloop word nie.
Kaartjies is reeds beskikbaar en kan gekoop word voor die tyd by www.tunegum.com, of by die hekke. Pryse is as volg:
Donderdag 30 April: Volwassenes: R50, Kinders onder 13: R25, Pensionarisse: R30
Vrydag 1 Mei: Volwassenes: R60, Kinders onder 13: R30, Pensionarisse: R35
Saterdag 2 Mei: Volwassenes: R60, Kinders onder 13: R30, Pensionarisse: R35