TLU SA Streekkantoor woeker met produkte
Die Streekkantoor woeker met die nie–bederfbare produkte van lede. Die besluit om nie–bederfbare produkte van lede vanuit die Streekkantoor te verkoop bring mee dat die Streekkantoor, wat hoofsaaklik uit ledegeld gefinansier word, ook ‘n addisionele inkomste kan genereer. Aangesien lede die produkte na die Streekkantoor bring wanneer hulle in elk geval vir besigheid na Pietersburg kom, maak dat daar geen vervoerkoste by die prys ingesluit word nie. Dit maak dit moontlik dat die produkte baie goedkoper verkoop kan word. Gesonde makadamia olie, is beskikbaar. Die olie word deur ‘n koue pars-proses vervaardig. Geen bymiddels word bygevoeg nie. Die olie kan veral gebruik word as basis vir slaaisous en is heerlik wanneer dit op vleis gesmeer word. Na bewering is die olie baie gesond en kan dit oor ‘n tydperk cholesterol verlaag. Makadamia neute, gesout of sonder sout, is ook beskikbaar. Heerlike gesonde heuning, gemaak van makadamia en avodado blomme, is beskikbaar. Die hoë kwaliteit Levubu produkte is van uitvoer gehalte en is nou by die Streekkantoor beskikbaar. Pikante gebottelde Peppadews word ook aangehou. Die besonderse smaak word verkry omdat die produkte in Adelpragwyn ingelê word. Peppadews is besig om wêreldwyd meer en meer gewild te word. Dit word veral as versnappering gebruik maar ook as geursel in kos. Peppadews is ook die eerste nuwe vrug wat die wêreldmark betree het sedert die Kiwi 26 jaar terug. Die heerlike, spesery – agtige warm soet smaak is ‘n fees vir die fynproewer. Peppadews kan met fetta kaas of olywe gestop word. Dit word as ‘n gunsteling lekkerny beskou. Effektiewe Mikro-organismes (EM) word al vir jare deur TLU SA Noord aangehou sodat lede maklik toegang tot die baie gewilde produk kan verkry. Verskeie lede, wat besluit het om weg te beweeg van chemiese boerdery metodes, gebruik EM en goeie resultate word bereik. Die produkte word ook te koop aangebied tydens die Provinsiale Algemene Raadsvergaderings. Die produkte is uiters gewild en die aanvraag styg steeds. Mnr. Viljoen het gesê dat lede gerus die Streekkantoor kan besoek wanneer hulle vir besigheid Pietersburg toe kom. Die produkte word ook aan die algemene publiek beskikbaar gestel. Persone wat belangstel kan gerus die Streekkantoor skakel by 015 – 297 3749.