Fear Factor op Thaba
THABAZIMBI – Die eerste plaaslike Fear Factor kompetisie word op Saterdag 14 Maart by die Landbou skouterrein aangebied.
Die kompetisie wat deur Lan-Liza Promosies aangebied word, begin reeds om 08:00 en beloof om ‘n dag propvol pret en waaghals te wees. Daar is ‘n R2000 kontantprys vir die wenspan op die spel. Die reëls vir die kompetisie is as volg: Spanne moet uit twee deelnemers bestaan. Skoolleerlinge betaal R60 per deelnemer terwyl volwassenes R100 per deelnemer uithaal. Daar is slegs plek vir 200 spanne.
Die deelnemers moet tekkies dra en geklee wees in ou klere weens die verskeie aktiwiteite waaraan hul gaan deel hê.
Die toegang is gratis vir die publiek en die organiseerders nooi hul om kampstoele saam te bring wanneer hul die spanne kom aanmoedig.
Volgens die organiseerders is daar reeds heelwat besighede in die dorp wat spanne ingeskryf het en al die ander besighede word uitgedaag om hul voorbeeld te volg.
Vir die honger en dors is daar voorsiening gemaak met eet- en drinkgoed wat die dag te koop aangebied word.
Die organiseerders beoog om maandeliks vermaak in Thabazimbi aan te bied en is oop vir enige voorstelle.
Kaartjies is slegs beskikbaar by die organiseerders, kontak hul by 084 548 8098 of 083 394 8118.