Sport

Thabazimbi atlete by tweekamp

THABAZIMBI – Plaaslike atlete het Sondag, 22 Februarie 2009, aan die Sentraal-Gauteng Interprovinsiale Tweekamp Kampioenskappe te Boksburg gaan deelneem.
Hierdie kampioenskappe bestaan uit ‘n hardloopitem van verskillende afstande, afhangende van ouderdomsgroepe , wat op die Boksburg Atletiekstadion plaasgevind het  en ‘n swemitem van verskillende afstande, afhangende van ouderdomsgroepe, wat by die Boksburg Noord Binnehuise Swembad plaasgevind het.
Al die atlete het goed presteer.  Zanie Janse van Rensburg  het in die kategorie Junior Veterane, ‘n algehele derde plek verower.  Ansmarie Potgieter, Gerhard Benadé, Lourens Boshoff en Zanie van Rensburg het gekwalifiseer om die Limpopoprovinsie by die Suid-Afrikaanse Tweekamp Kampioenskappe te Paarl te gaan verteenwoordig.  Franco en Henco Terblanche, Benhard Janse van Rensburg en Luzaan Combrink is genomineer om die Ontwikkelingspan by dieselfde byeenkoms te gaan verteenwoordig.