General

Thaba Stereo Gemeenskapsforum

THABAZIMBI – Die eerste vergadering van die Gemeenskapsforum van Thaba Stereo is op Dinsdagaand 24 Februarie gehou.
Ds Kalfie Loots is as voorsitter verkies en Vollie Volschenk as sekretaris. Die forum dien as skakel tussen die luisteraars-publiek en die radiostasie. Die  forum wil ook van hulp wees om die radio-stasie as gemeenskapsdiensleweraar onder soveel moontlik luisteraars te bevorder en te behartig. Thaba Stereo het reeds sy waarde as gemeenskaps-radio bewys tydens die onlangse veldbrande met die mobilisering van verskeie instansies en individue in die gemeenskap.
Die gemeenskap van Thabazimbi en omgewing, wat binne die radio se opvangsgebied val, word aangemoedig om die radio te ondersteun. Luisteraars kan gerus met die radio self skakel of met enige van die forumlede ten opsigte van enige saak wat hulle graag onder die gemeenskap se aandag wil bring. Die gemeenskap kan dus die radio deur middel van die forum in kennis stel van voor- en afkeure. Deur hierdie samewerking kan Thaba Stereo positief groei en selfs ‘n beter diens aan die gemeenskap lewer. Thaba Stereo saai uit op 100.49 FM.
Kontak die forumlede, Ds Kalfie Loots (082 656 6677), Vollie Volschenk (083 507 3148), Heleen Britz (084 528 9349), Jan Beyers (083 658 0598), Ds Dirk Laufs (082 675 2076), Jaco van Vuuren (082 439 1440), Gert Snyman (083 295 1284), Marie Steenekamp (072 252 0770) en Rita Volschenk (083 744 8559). Die stasiebestuurder, Victor van Wyk kan gekontak word by 014 777 1274.