Thaba Rugbydag

THABAZIMBI – Die suksesvolle Rugbydag te Thaba Park op 21 Februarie se uitslae is as volg:
Vaalwater 1 vs Impala 2 is gekanselleer weens onvoorsiene omstandighede; Mogol 2 wen Jan Niemand Park se O/21 met 27 punte teenoor 0; Thaba 2 verslind Jan Niemand Park 2 met 61 punte teenoor 0; Mogol 1 wen Impala 1 met 43 teenoor 0, terwyl die trots van Thaba, Thaba 1 ‘n welverdiende 68 punte teenoor geen punte van Jan Niemand Park se eerstes behaal.
Die Thaba Rugbyklub bedank graag hul borge wat dié dag moontlik gemaak het, hul hoofborg Anglo Platinum vir die nuwe truie en vervoer, Victor Potgieter Makelaars, Thaba Tyres en Elite Services vir die rugbybroeke en AB Labour Services vir die rugbykouse. Die Thabazimbi gemeenskap word ook bedank vir hul wonderlike ondersteuning op Saterdagmiddag met die verskeie wedstryde, hou gerus Die Kwêvoël dop vir die volgende wedstryd-datums.