Gekwalifiseerde Springbok Rugby Afrigter by Thaba Laerskool
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se O/9 rugbyspannetjie spog deesdae met ‘n gekwalifiseerder Springbok Afrigter.
Vincent de Wet, oud leerling van Frikkie Meyer, het verlede jaar by die Blou Bul Akademie te Pretoria studeer, ná ‘n keuringsproses wat 5000 voornemende studente tot slegs 55 verminder het. Die ouditorium waar hul klasse gedraf het, is geleë op die Blou Bulle se tuisgrond, Loftus Versveld, met lektore van die Universiteit van Pretoria wat die verskeie vakke aangebied het.
Vincent het 7 vakke in Sportwetenskappe bestudeer, waarvoor hy sertifikate ontvang het terwyl hy aan hierdie gesogte Rugby Akademie studeer het Die sertifikate sluit in Sportreg, Skolesportbestuur, Finansiële Bestuur, Anatomie, Sportbeserings en Entrepreneurskap.
Die doel van die rugbykollege is om belowende jong talent te ontwikkel deur hulle toe te rus met die nodige kennis en vaardighede wat benodig word in die Rugby Industrie, hetsy as speler, afrigter, skeidsregte of administrateur.
Die Rugbykollege se leuse, “Challenges are what make life interesting, overcoming them is what makes life meaningful”, streef daarna om ‘n goeie balans te handhaaf tussen rugbyvaardighede, lewensvaardighede, praktiese ondervinding en blootstelling.