EntertainmentSport

Paragliders besoek Thaba

THABAZIMBI – Die SA Paragliding Nasionale Kompetisie wat vanaf 16 – 21 Maart 2009 in Thabazimbi aangebied word, beloof om ‘n groot skare die hemele te laat dophou. Sowat 70 of meer paragliders van Suid-Afrika en ‘n klompie Internasionale vlieëniers word verwag om deel te neem aan die kompetisie wat vir ‘n week duur.
Die organiseerders van die kompetisie, Walter Neser en Linda Willemse, waardeer die dorp se ondersteuning en deel in die opwinding oor die langtermyn groei van dié sportsoort in die area. Vir enige iemand wat belangstel om die sport te beoefen of om betrokke te raak by die kompetisie, gaan na www.flythaba.com of kontak Walter Neser tel 076 593 9849, tandemvlugte is ook beskikbaar.