Sport

Jabulani Hengelkompetisie

MAKOPPA – ‘n Hengelkompetisie ten bate van Huis Immergroen word op 4 April 2009 aangebied.
Die kompetisie sal reeds om 07:00 begin op die plaas Diepwater te Makoppa. Die inskrywingsfooi is R600 per span per pen en nie-hengelaars betaal R50 ingangsfooi. Penne gaan getrek word vir die 3 persone per inskrywing. Slegs 3 persone per pen word toegelaat (penmaats).
Pryse word vir die swaarste karp, swaarste baber, swaarste kurper en swaarste sak toegeken alhoewel daar ander pryse ook op die spel is.
Hou Die Kwêvoël dop vir verder inligting of kontak Jaco van Vuuren by 082 439 1440, Dawie Snyman by 083 306 6346 of Kobus Snyman by 083 230 4037.