2 Guinness Book of Records wêreldrekords verbreek tydens Midmar Mile
PIETERMARITZBURG – Die Halfway-Telkom Midmar Mile swembyeenkoms wat gedurende die naweek van 7 en 8 Februarie te Midmar Dam naby Pietermaritzburg aangebied is, het 2 nuwe wêreldrekords aangeteken.
Die wêreld se grootste oopwater-swembyeenkoms is reeds in sy 36ste jaar en lok deelname van ernstige internasionale atlete, Olimpiese medaljehouers, gestremde swemmers tot selfs tieners.
Om die groot getalle deelnemers te akkommodeer, swem die swemmers in verskeie groep-afdelings in twee minuut-intervalle in 8 groepe oor twee dae. Die groep verdeling word gebaseer op ‘n kwalifiserende tyd in ‘n vorige swembyeenkoms, met die vinnigste groep wat eerste wegspring. Die twee rekords wat teen die volgende Midmar swembyeenkoms in die Guinness Book of Records sal staan is die rekord vir die meeste deelnemers wat die kompetisie voltooi het in die nie-maatskappy-afdeling sowel as die grootste algehele byeenkoms met ‘n spoggerige 20000 inskrywings.
Vier swemmers van Thabazimbi het aan hierdie sportbyeenkoms deelgeneem en nooi swemmers uit om volgende jaar aan hierdie uitstekende georganiseerde byeenkoms deel te neem.