General

Telkomdiens kommerwekkend

THABAZIMBI – Mnr Gert Nel, ‘n inwoner van Thabazimbi, het op Dinsdag 3 Februarie Die Kwêvoël gekontak om sy misnoeë oor Telkom se diens uit te spreek.
Mnr Nel het ses maande gelede aansoek gedoen vir ‘n nuwe Telkomlyn vir ‘n besigheidsperseel geleë in die Industriële gebied. Daar was wel gehoor aan die versoek gegee en ‘n tegnikus is uitgestuur om die nuwe kabels te lê, maar nou staan die half aangelêde kabel net so in die besigheid se werkswinkel. Na vele oproepe na die Telkomdiens afdeling is hy steeds telefoonloos, en om alles te kroon is sy perseel reg oorkant die Telkom Tegniese perseel wat op verdere ondersoek heeltemal leeg gestaan het. Die veiligheidswag wat na die kantoor se sekuriteit omsien, het heerlik onder ‘n koelteboom ‘n uiltjie geknip en kon nie sê waar die Telkomwerknemers op daardie tydstip was nie.