Rekords spat met HFM se Interhuis
THABAZIMBI- Verskeie rekords het gespat met die onlangse Interhuis wat HFM verlede Vrydag aangebied het.
Altesaam 11 rekords is verbeter en geëwenaar. Jandri Janse van Rensburg verbeter Hoogspring vir Dogters o/14 met ‘n hoogte van 1.53m, Neil Koekemoer verbeter die 110m hekkies byeenkoms rekord vir seuns o/17 met 15,75s en ewenaar die 200m seuns o/17 na 23,2 sekondes asook die 400m vir seuns o/17 na 58,1 sekondes. Sanlie van den Brink ewenaar die byeenkoms 200m vir dogters o/19 na 27,0 sekondes en verbeter die 400m hekkies byeenkoms rekord vir dogters o/19 na 67,8 sekondes. Marthinus van der Berg verbeter die byeenkoms rekord vir gewigstoot seuns o/15 na 13,41m, Anita van Tonder verbeter die 200m byeenkoms rekord vir dogters o/15 na 27,6 sekondes. Berné van Zyl verbeter die byeenkoms rekord vir seuns o/14 diskus na 33.85m, Clifford van Zyl verbeter die 200m byeenkoms rekord vir seuns o/14 na 31,2 sekondes en Leonette van Rensburg breek die verspring rekord vir dogters o/16 na ‘n nuwe afstand van 5,09 m.
Junior en senior atlete wat uitgeblink het tydens die byeenkoms is aangewys. Die beste seunsatleet en beste atleet was Wimpie Pretorius, hy is ook aangewys as die senior seuns veldatleet vir die dag. Lehandri Botha is aangewys as die dogter atleet vir die dag asook die beste Junior dogter veldatleet. Die Junior seun vir die baan items was Clifford van Zyl en vir die veld items Dewald Havenga. Vir die Junior dogters is Nadine Prinsloo vir die baan afdeling aangewys. Die senior seuns vir die baan items was Neil Koekemoer, en die Senior dogter vir die baan items was Sanlie van den Brink. Annarie Erasmus is aangewys as beste senior dogter vir die veld items.