Ons lesers skryf: Vinnige optrede van die Polisie
DIE KOTZES
Graag wil ons Inspekteur P J Mbewe van die SAPD, Thabazimbi, bedank vir die moeite wat hy Maandagnag, 19 Januarie gedoen het om ons wakker te maak, nadat misdadigers met ‘n voertuig probeer het om ons motorhuis in tweede laan oop te forseer. Dankie aan ons buurman wat die Polisie in kennis gestel het. Behalwe vir die skade wat aangerig is, kon die boewe nie daarin slaag om hul steelwerk te doen nie. Dankie ook aan John Mothlabane wat ons seun geskakel het wat saam met die Polisie daarin kon slaag om ons aandag te trek. Dit was voorwaar ‘n spanpoging om op trots te wees!