Thaba word ‘n kundige ryker
THABAZIMBI – Die praktyk van Dr’s de Kock en Vennote het hierdie maand ‘n nuwe toevoeging tot hul bekwame personeel gekry.
Dr Anell de Kock het in 1999 aan Hoërskool Frikkie Meyer gematrikuleer en is gekeur om haar studies aan die Universiteit van Pretoria te onderneem waar sy na ses jaar die Graad in medisyne MBChB behaal het.
Sy het haar internskap as huisdokter by die Kallie de Haas Hospitaal te Potchefstroom begin in 2006 en as Mediese Beampte by dieselfde hospitaal in 2007 voortgegaan waar sy praktiese ondervinding opgedoen het.
In 2008 is Anell bevorder tot Senior Mediese Beampte by dié 360 bed hospitaal, waar sy veral in Chirurgie, Narkose, Peadiatrie en Ginekologie betrokke was.
Gedurende hierdie tyd het sy veral ervaring opgedoen in Nood Chirurgie. Sy het in 2008 ook die Nagraadse Diploma in Anaestesiologie (Narkose), sowel as diplomas in gevorderde mediese en kardiale ondersteuning geslaag. (Advanced Cardiac Life Support and Advanced Medical Life Support).
Nadat sy ‘n plafon in die staatsbestel bereik het, het sy aanbeweeg na nuwe uitdagings as Algemene Praktisyn.
Met groot opgewondenheid sal sy haar loopbaan op haar tuisdorp voortsit by die praktyk van Dr’s de Kock en Vennote, waar sy beoog om met dankbaarheid in die Rooiberg, Koedoeskop, Setaria en Thabazimbi gemeenskap terug te ploeg.