General

Oud Frikkie nou oefenkundige

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Marathon Klub spog hierdie maand met hul ster-nuweling, Leana van Niekerk.
Leana, voormalige leerling en atleet van Hoërskool Frikkie Meyer, het na die voltooiing van haar graad aan die Universiteit van Potchefstroom, haar in Thabazimbi gevestig.
Sy het Woensdag 14 Januarie 2009 aan ‘n liga byeenkoms te Potchefstroom deelgeneem en die eersteplek in die 100m met ‘n asemrowende tyd van 12.66 sekondes verower.
Sy is na aanleiding van hierdie puik prestasie genooi om op Vrydag 23 Januarie 2009 aan die eerste Geelbladsye byeenkoms van die seisoen te Potchefstroom deel te neem. Hierdie byeenkoms sal deur top atlete soos Shaun Bownes, Ockert Cilliers en talle oorsese atlete wat tans in Potchefstroom oefen, deelgeneem word.
Leana is deeltyds by Active Life Gym betrokke, waar sy vir oefenprogramme en persoonlike afrigting gekontak kan word.