General

Learn to swim hou Opedag

THABAZIMBI – Die gewilde swemskool, Learn to Swim, van Wilma Pienaar sal vanaf 2 Februarie 2009 ook swemafrigting vir ouer swemmers aanbied.
Learn to swim is ‘n gevorderde swemopleidingskool wat swemmers van ‘n jong ouderdom waterwys maak. Die afrigting van swemmers wat reeds waterveilig is, sal voortaan by die Hoërskoolswembad geskied en volg as ‘n uitbreiding op die Learn to Swim-program. Klasse sal twee maal per week aangebied word met ‘n keuse van Maandae en Woensdae of Dinsdae en Donderdae om 15:00 – 16:00.
‘n Belangrike datum op die swemkalender is op 30 Januarie wanneer ‘n Opedag te Hoërskool Frikkie Meyer swembad aangebied word. Die Opedag dien as geleentheid om met die afrigters, Johan en Wilma Pienaar te gesels en inskrywings vir belangstellendes sal tussen 17:00 – 18:00 plaasvind. Slegs ‘n beperkte hoeveelheid swemmers kan ingeneem word. Kontak Johan Pienaar by 082 468 0142 vir verdere inligting.
Ouers kan steeds vir Wilma Pienaar skakel by 072 146 7536, om hul beginnerswemmertjies in te skryf by die Learn to Swim-program.