Stormwinde
MAKOPPA – ‘n Stormwind het Woensdagoggend omstreeks 05:00 ‘n plaaswerf op Makoppa getref.
Skade aan die winkeltjie, woonstel en heining is aangerig op die plaas, Jabula Ranch, van Lourens en Dalene du Plessis.
Volgens Dalene het bome omgewaai en sinkdakke het die hele erf besaai, maar aan die voertuie en huis was daar wonderbaarlik geen skade aangerig nie. Een boom het feitlik voor die trekker geval en ‘n ander net langs ‘n voertuig. Teen tye van pers was daar nog geen skadeberekening nie.