Jan benodig ‘n elektroniese rolstoel
THABAZIMBI – ‘n Inwoner van Thabazimbi wat reeds 41 jaar gelede sy werk by die Spoorweë verloor het as gevolg van ‘n ongeluk, benodig ‘n elektriese rolstoel.
Jan Botha het nie bene nie en het die gebruik van sy linkerarm verloor as gevolg van ‘n beroerte. Die rolstoel wat hy tans gebruik is aan hom geskenk deur die Spoorweë nadat hy medies ongeskik verklaar is in 1967, maar dit is nou gedaan. Die kontrole reageer nie en die batterye, enjin en wiele is gedaan.
Dit sal minstens R20 000 kos om die rolstoel te herstel of R100 000 om ‘n nuwe een aan te skaf. Jan lewe op ‘n inkomste van R300 per maand wat hy van die Ongevalle Kommissaris ontvang en woon in ‘n kamer in ‘n ingenieursbesigheid agter Foodzone.
Sy bankrekeningnommer by Standard Bank is 003 854 795. Vir verdere navrae kan Jan Botha geskakel word by 078 275 3096.