Anneli van Wyk word 80
THABAZIMBI – Anneli van Wyk, oorspronklik van die distrik Matlabas, en deesdae van die plaas Maroelasfontein, het op 25 November 80 jaar oud geword.
Anneli is op 25 November 1928 gebore in die Matlabas-distrik en het daar grootgeword. Sy is in 1949 met Roelf van Wyk van Maroelasfontein getroud, waar hulle vir byna 50 jaar suksesvol geboer het met beeste en saailande.
In 1999 het hulle hul 50ste huweliksherdenking gevier, maar Roelf het haar in 2000 ontval.
Tans woon sy steeds onafhanklik in haar huis op Maroelasfontein. Haar seun, Theo van Wyk, en dogter, Mari Meintjes, en hul gesinne, woon ook op die plaas, waar hulle ‘n “wakende oog oor hul kosbare moeder hou”.