Sport

Ses medaljes vir junior jukskei

THABAZIMBI – Die Jukskei Junior Bondedag het op Saterdag 11 Oktober in Pretoria plaasgevind  op die bane van Gauteng Noord. Ses van Limpopo se spanne het medaljes verower.
Die Seuns o/19 A-span het goud verwerf. Die spanlede is Karel Venter, Willie Cawood, Ernst de Witt en Francois van Zyl (L). Die Seuns o/19B-span het ‘n silwer medalje verower. Die spanlede is Stiaan de Neysschen, Benjamin Kruger, Jaco Botha, Morné Venter (L) en reserwe Gavin Botha.
Die Seuns o/16 het ‘n brons medalje verower. Die spanlede is Kobus Esterhuizen, Claud Strauch, Henry Venter, Gustaf de Beer (L) en reserwe Jaco Thomas.
Die Seuns o/13A-span het ‘n vyfde plek verwerf en Seuns o/13B ‘n sewende plek.
Die Dogters o/13A het ‘n silwer medalje verower. Die spanlede is Andri Marais, Jean-Marie Cawood, Paula Kotze en Daphne Liebenberg (L). Die Dogters o/13B-span het ook ‘n silwer medalje verower. Die spanlede is Bernice Vermeulen, Christien Lategan, Nicola Kotze, Lara Venter en reserwe Carla Prinsloo.
Die Dogters o/16-span het goud verwerf. Die spanlede is Hermien Naudé, Margarette Cawood, Liza-Marie Geldenhuys, Marelize Pretorius (L) en reserwe Suzaan Cloete.
Die Dogters o/19A het sesde plek en Dogters o/19B vyfde plek verower.
In die gesamentlike uitslae vir dogters het Sentraal Gauteng eerste, Limpopo tweede en Gauteng Wes derde geëindig. Die seuns wenners was Gauteng Noord (eerste), Limpopo (tweede) en Sentraal Gauteng (derde).
Die groottotaal (seuns en dogters saam) het Limpopo ‘n derde plek gegee met Sentraal Gauteng eerste en Gauteng Noord tweede.