SA kleure vir Amri
THABAZIMBI – ‘n Twaalf jarige seun van Laerskool Thabazimbi, Amri Schlebusch, het vir die vierde agtereenvolgende jaar sy SA kleure in Ringbal (Korfbal) verkry. Tydens die September vakansie het hy aan die SA skole toernooi wat te Kroonstad aangebied is deelgeneem. Amri is verkies tot ‘n lid van die o/13 SA skole span en as die speler van die SA toernooi 2008 aangewys.