Sport

Living waters se gholfdag teen dwelms

THABAZIMBI – Living Waters, ‘n groep wat teen die misbruik van dwelms werk, was die borg tydens verlede Saterdag se gholfdag. Billy Pring van die Living Waters Bediening en sy groep was aan die stuur van sake.
Die formaat was ‘n Beterbal met keuse bofhou. Eugene en Niekie Oberholzer wen die dag met 50 punte. Chris Bronkhorst en Dough Hartman (46), Bernie Gous en Billy Pring (46), Arthur Steynfaard en Mark Lee (45) was ook onder die voorlopers. Daar was ‘n magdom pryse en byna elke speler het ‘n prys gekry.
Blykaar is ons nie bewus van die geweldige omvang van die misbruik van dwelms in ons gemeenskap  nie. Dit was daarom vir baie van die spelers ‘n skok om van die probleem te verneem. Die klub wil hul dank en waardering uitspreek teenoor Billy Pring en sy span vir die moeite wat hulle gedoen het om die dag aan te bied. Afgesien van die baie pryse het hulle ook die heerlikste kos aan die spelers voorgesit. Baie dankie Billy en sterkte met julle groot werk.
Die groot kompetisie wat nou voorlê is die Buslers Bielie van die Bosveld wat op 1 en 2 November gespeel gaan word. Die mans en dames gaan in aparte kompetisies speel en daar gaan baie en groot pryse beskikbaar wees. Die komitee verwag ‘n groot veld en daarom gaan die aantal spelers tot 70 beperk word. Daar gaan pryse vir Bruto sowel as Netto tellings wees. Dit is daarom dus belangrik dat u vroegtydig inskryf en ook u amptelike voorgee gee. Inskrywings sluit reeds op Woensdag 29 Oktober.