Hengel sluit af op warm noot

SETARIA – Die laaste kompetisie vir 2008 van die Northam Hengelklub het die afgelope naweek plaasgevind by die Konsentratordam op Northam Platinum-myn te midde van temperature so hoog as 42ºC in die koelte.
Die kompetisie het Saterdagmiddag om 12:00 afgeskop en geduur tot Sondag 12:00.
Altesaam 63 hengelaars het deelgeneem en tussen hulle is daar altesaam 849 vis gevang met ‘n totale massa van  542kg.
Die kompetisie se wenners is bepaal deur die persone wat die grootste spesie gevang het. Die eerste plek het gegaan aan die grootste barber, die tweede plek aan die grootste kurper en die derde plek aan die grootste karp.
Die wenners in die Penkop-afdeling was Theunis Heydenrych (eerste en tweede) en Nico Geldenhuys (derde). In die Junior-afdeling was Wickus Pretorius eerste, Mauritz Claassen tweede en Jaco Geldenhuys derde.
In die Dames-afdeling het Nicolene Heydenrych eerste en tweede plek behaal en Judith Pretorius derde plek. Die wenners van die Seniors was Eugene Paulsen (eerste en derde plekke) en Willie Meintjies (tweede).
Die Northam Plats Hengeklub se jaarafsluiting vind plaas op Saterdag 2 November en die eerste kompetisie vir 2009 vind ook reeds in November vanjaar plaas. Nuwe buitelede word aangemoedig om so spoedig as moontlik aan te sluit deur die klub se voorsitter, Ronnie du Toit, te skakel by 073 665 8169.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.