Community

Ons lesers skryf: SAP vinnig op hul pos

Marie Steenekamp

Langs hierdie weg wil ek, namens die hele gemeenskap – veral die inwoners van die onderdorp, graag dankie sê aan die Speurtak van Thabazimbi en Marius Steyn en Dawie Roux in Hibiscusstraat.
Binne minute nadat die speurders geskakel is, was hulle op die toneel waar ‘n gewapende roof plaasgevind het en daarna het hul flinke optrede gelei tot die aankeer van twee vermeende misdadigers.
Die misdadigers was so slim dat hulle van hul klere ontslae geraak het om nie geëien te word nie, maar hulle kon nie die polisie fnuik nie. Van die gesteelde goed is ook teruggevind.
Manne en vroue van die Thabazimbi se Speurtak: ons is trots op julle.
Ek wil ook ‘n waarskuwing rig tot alle inwoners om paraat en bedag te wees op leeglêers wat onnodig lank op een plek rondstaan. Hekke moet gesluit word en huishulpe moet gewaarsku word om ook bewus te wees van die moontlikheid van misdaad. In die bogenoemde geval is van die huishulpe ook met wapens aangehou deur een misdadiger.
As ons gemeenskap saamwerk en ons met ons bure saamspan, kan ons Thabazimbi ‘n veilige plek maak.