Hengelkompetisie in Makoppa
MAKOPPA – ‘n Hengelkompetisie ten bate van Huis Immergroen word op Saterdag 25 Oktober op die plaas Diepwater in Makoppa gehou.
Fondse word benodig vir die bou van Huis Immergroen, die Fase 2-ontwikkeling van Bosveld-Oord. Fondse wat die kompetisie inbring sal geskenk word vir hierdie ontwikkeling.
Deelname aan die hengelkompetisie vind plaas in spanne van maksimum drie elk. Om almal ‘n gelyke kans te gee, gaan penne getrek word tydens die inskrywing, wat die area van waar gehengel word vir elke span sal aandui.
Die inskrywingsfooi is R600 per span (oftewel R200 per persoon) en vir nie-hengelaars is R50 toeganggelde betaalbaar. Pryse word toegeken, onder andere, vir die swaarste karp, baber en kurper en die swaarste sak.
Die kompetisie vind plaas van 07:00 tot 15:00 Saterdag en inskrywings kan reeds vanaf 05:00 die oggend van die kompetisie gedoen word.
Slegs twee stokke per hengelaar word toegelaat en geen bote, aasbote of kano’s word toegelaat nie. Hengelaars mag, op eie risiko, tot onder-arm diepte in die dam instap om ‘n vis te speel of uit te haal. Daar bestaan ‘n moontlikheid van krokodille in die dam.
Akkommodasie is beskikbaar deur vooraf te reël met Dawie Snyman 083 306 6346 of Kobus Snyman 083 230 4037. Vir verdere navrae oor die kompetisie kan Jaco van Vuuren geskakel word by 082 439 1440.
