Pro Bow Boogklub presteer by kompetisie
THABAZIMBI – Vier lede van die Pro Bow Boogklub op Thabazimbi het uitsonderlik presteer tydens ‘n SABA (South African Bowhunters Association) kompetisie op Saterdag 20 September by Nietverdiend naby Brits.
Altesaam ses lede van Pro Bow het deelgeneem aan die kompetisie.
In die Senior Jagpunt Afdeling het Hein Holtzhausen eerste plek behaal met 100% en Henk Engelbrecht tweede plek met 94%. In die Junior (13-17 jaar) Jagpunt Afdeling het Quintin Jansen van Vuuren eerste plek behaal met 94% en in die Cub (0-12 jaar) Oefenpunt Afdeling was Hannes Holtzhausen eerste met 94%.
Die SABA-kompetisies se reis- en inskrywingskoste is deur verskeie instansies asook privaat persone moontlik gemaak.
Vir enige verdere navrae kan Hannetjie Engelbrecht by 073 674 9956 of Fred Smith by 082 579 1174 geskakel word.