Sport

Limpopo Jukskeispelers na Bondedag

THABAZIMBI – Die name van die jukskeispelers wat aan die Junior Bondedag sal deelneem op 11 Oktober, is bekend gemaak nadat die keuring op 30 Augustus plaasgevind het.
Die byeenkoms vind plaas in Pretoria, Agtiende Laan , Rietfontein. Tien spanne sal deelneem.
In die Dogters o/13A-span speel Andri Marais, I-Marie Cawood, Paula Kotze en Daphne Liebenberg (K). Hul spanbestuurder is Rita Venter. In die o/13B-span speel Bernice Vermeulen, Christie Lategan, Nicola Kotze, Denelle de Meyer (K) en die reserwe is Lara Venter. Die spanbestuurder is Vanite Kotze.
Hermien Naudé, Margarette Cawood, Liza-Marie Geldenhuys en Marelize Pretorius (K) is opgeneem in die Dogters o/16-span. Die reserwe is Suzaan Cloete. Die spanbestuurder is Elize Pretorius.
Die dogters wat verkies is tot die o/19A-span is Mariaan Meyer, Lenise Genis, Chantelle van Jaarsveld en Hannelie Kotze (K). Hendrik de Beer is die spanbestuurder. Die dogters wat in die o/19B-span opgeneem is, is Bianca van der Berg, Phuti Mothapo, Suzaan Cloete, Chantelle Pretorius (K) en Petunia Mothoa is die reserwe. Niek Greyling is die spanbestuurder.
Die seuns wat in die o/13A-span opgeneem is, is FG Grobler, Gert Kotze, Jaco de Witt en Werner Swanepoel (K). Die spanbestuurder is Johan Kotze. Die seuns in die o/13B-span is Arno Maree, Stefan Bornman, Ricus Thomas, Donavan Kotze (K) en die reserwe is Jaco Buys. Die spanbestuurder is Ernst de Witt.
Die seuns wat tot die o/16-span verkies is, is Kobus Esterhuizen, Claud Strauch, Henry Venter, Gustaf de Beer (K) en die reserwe is Jaco Thomas. Die spanbestuurder is Hennie de Beer.
Die seuns in die o/19A-span is Karel Venter, Willie Cawood, Ernst de Witt en Francois van Zyl (K). Hul spanbestuurder is Petri Boshoff. Die seuns in die o/19B-span is James Eksteen, Stiaan de Neysschen, Benjamin Kruger, Morné Venter (K) en die reserwe is Jaco Botha. Die span bestuurder is Francois Geldenhuys.
Die hoofspanbestuurder vir die seunspanne is Anton Botha en die hoofspanbestuurder vir die dogterspanne is Bossie Liebenberg.