Sport

Hardekool Classic Bergfietswedren

THABAZIMBI – Die Hardekool Classic Bergfietswedren word vir die vyfde agtereenvolgende jaar aangebied op 4 Oktober by die Ben Alberts Natuurreservaat.
Vir hierdie wedren maak Ben Alberts, deel van Kumba Iron Ore, sy wildshekke oop vir fietsryers wat die hul staal en bande wil toets.
Roetes van 70km, 35km en 10km sal deelnemers deur die natuurreservaat neem en teen die “Berg van Yster” op, op dubbel- en enkelspoor. Te midde van die intense fisiese inspanning kan wildbesigtiging aangename afwisseling verskaf.
Die hoofborg is Kumba Iron Ore. Ander borge sluit in Die Kwêvoël, Bertie Joubert Eiendomme, Aida, KFC en Tyre Corporation. ‘n NG Kerkstalletjie sal kos en drinkgoed te koop aanbied.
Inskrywings kan aanlyn gemaak word by www.entrytime.co.za voor 1 Oktober. Nommers word afgehaal op Vrydag 3 Oktober by die beginpunt tussen 17:00 en 21:00 en die oggend voor die wedren tussen 06:00 en 08:00. Laat inskrywings kan tot Vrydag gedoen word teen ‘n addisionele R20 boete. Die wedren begin om 08:00.
Inskrywingsfooie is R120 vir die 70km wedren, R100 vir die 35km wedren en R50 vir die 10km wedren.
Vir enige verdere inligting oor die wedren kan Johan Pienaar by 082 468 0142 geskakel word.