Vangers van visse … en voëls
SETARIA – Verlede naweek was die maandelikse Northam Hengelklub kompetisie.
Daar was altesaam 56 hengelaars wat 533 visse in totaal gevang het. Nie alleen was die visvang voortreflik nie, maar die weer het ook mooi saamgespeel met temperature van 29 tot 30 grade Celsius. Daar was selfs ‘n persoon, Martie Murray, wat dit bietjie verder gevoer het en ‘n voël gevang het.
Sy is egter reggehelp en het toe sommer die visvangkompetiesie vir die dames gewen.
Die wenners is bepaal deurdat die swaarste sak vis gewen het. In die Seniors-afdeling was Tokkie Burger eerste, Edwin Aylward tweede en Willem Heydenrych derde.
Van die dames het Martie Murray gewen, met Nicolene Heydenrych tweede en Lindie Lodder derde. Van die Juniors was Jaco Geldenhuys eerste, Gary Retief tweede en Morné Coetzer derde. Nico Geldenhuys was die wenner onder die Penkoppe met Theunis Heydenrych tweede en Ruaan Lodder derde.
‘n Spesiale prys, ‘n wielbalansering geborg deur Trentyre, is ook die afgelope week aan Johan Coetzer toegeken. Hy is een van die getroue ouer hengelondersteuners. Hoewel hy nie self dikwels hengel nie, maak hy seker sy seun is goed voorberei vir elke kompetisie voor hy hom op- en aflaai.