Sport

SA Meesters Jukskei Kampioenskappe

THABAZIMBI – Die SA Meesters Jukskei Kampioenskappe vind jaarliks in Kroonstad plaas, vanjaar vanaf 29 September tot 2 Oktober.
Daar word meegeding in die Mans A, B en C en Dames-afdeling. Dames bo 45 en mans bo 50 kwalifiseer om opgeneem te word in die spanne vir hierdie toernooi.
Die Limpopo Jukskei Unie word in die Mans A-afdeling verteenwoordig deur Ben Wentzel, Bertus Els, Jannie Engelbrecht en Bossie Liebenberg (L). Die mans wat in die B-afdeling deelneem is Gert Kloppers, Daan Botha (L), Pieter le Roux en Giel van Rooyen.
In die Mans C-span speel Peet Mostert, Dries Venter, Gerrit Booyens en Apollo Kellerman (L) vir die Limpopo Unie. Die reserwe, wat ook spanbestuurder is, is Niek Greyling.
In die Dames 1-afdeling word Limpopo verteenwoordig deur Baba Douglas, Christien Kloppers, Helen van Rooyen en Adrié Muller (L). Die spelers vir die Dames 2-span is Elsabe Liebenberg, Bets Els, Marié-Ann Swanepoel en Joyce du Preez. Die reserwe is Shirley Mostert.
Die Junior Bondedag vind plaas op 11 Oktober in Krugersdorp.
Op Saterdag 18 Oktober word ‘n keuring vir junior en senior jukskei-spelers gehou by Polokwane om 08:00. Spelers moet by die Unie geregistreer wees om te kwalifiseer vir deelname.
Navrae oor die keuring kan aan Martiens Vermaak (Juniors) by 079 899 6803 en Anton Botha (Seniors) by 083 628 6094 gerig word.