Sport

Bernie slaan ‘n slag

THABAZIMBI – Slagspel bly maar altyd ‘n uitdaging, meer so vir die hoë voorgee spelers as die vir die lede wat kan speel. Een swak putjie hang soos ‘n albatros om jou nek vir die hele rondte. Dit was nie die geval verlede Saterdag vir Bernie Gous nie. Hy wen met ‘n pragtige 66 en kry een van die mooi silwer Slagspel bierbekers wat deur Marina van der Wateren geborg word. Vier spelers eindig op 69 naamlik Jakkie van der Wateren, Alta Venter, Marina van der Wateren en Jeanetta Rall.
Saterdag 20 September speel Thabazimbi se ligaspan op Swartklip teen Brits. Thabazimbi loop tans los voor en daar word verwag dat hulle so gaan aanhou, veral teen Brits.
Die nuwe kroeg is nou klaar en daar is die afgelope week ingetrek. Dit is ‘n geweldige verbetering aan die klub en daar gaan streng kroegreëls wees wat strenger toegepas gaan word. Slordige drag sal nie in so’n mooi netjiese opset toegelaat word nie. Die nuwe komitee kan hulle hier deeglik laat geld en die dissipline vas vat. Die amptelike ingebruikneming sal op Saterdag 27 September wees. Dan gaan daar groot makietie gehou word. ‘n Groot en opregte dank aan dr Willem du Plessis en die komitee wat die dryfveer agter die hele projek was.
 “Daddy,” said the little bright child, acccompaning her father on a round of golf, “why mustn’t the ball go into the hole?”