General

Amandelbultmyner dood

AMANDELBULT – ‘n Myner het Maandagoggend 15 September, toe ‘n koekepan (“hopper”) ontspoor het, omgekom by Amandelbultmyn. Dit is reeds die sesde noodlottige ongeluk by Amandelbult vanjaar.
Die ongeluk het by No 1 Skag gebeur Maandagoggend om 03:00 en aktiwiteite daar is voorlopig gestaak tot ‘n vergadering met die Departement van Mineraal en Energie plaasvind. ‘n Afvaardiging sou reeds gister by die myn wees.
Volgens ‘n woordvoerder van Anglo Platinum, Simon Tebele, word daar ‘n volle ondersoek na die ongeluk geloods om vas te stel wat die oorsaak daarvan was.
Inligting oor die verlies aan produksie sal later bepaal en bekend gestel word.
Die maatskappy het sy diepe meegevoel met die familie en kollegas van die myner betuig. Die begrafnis van die oorlede myner, Tswele Prince Xekiso, is Donderdag gehou.