General

Ou inwoner van Thabazimbi oorlede

THABAZIMBI – Tannie Poppie Bezuidenhout, gebore en getoë Thabazimbiër, is op Woensdag 3 September in die Tambotie Versorgingsoord oorlede.
Tannie Poppie is 82 jaar gelede op die plaas Kareehoek, waar die huidige Marakele Nasionale Park is, gebore en het in Sentrum skoolgegaan. Sy het diep spore getrap in die harte van Thabazimbiërs en in die gemeenskap.
Volgens haar dogter, Marietjie van der Merwe, ken die mense van die omgewing haar ma as ‘n hardwerkende vrou, wat vir lank lid was van die plaaslike VLU. Sy was altyd baie besig en bekwaam, sê Marietjie.
Tannie Poppie laat haar man, Albert Bezuidenhout, agter, sowel as haar seun, Gerrit Dippenaar, en skoondogter, Gerda, van Bonanza Ontspanningsoord, en Jan en Marietjie van der Merwe, dogter en skoonseun van Aandrus Kwekery. Sy laat ook klein- en agterkleinkinders agter.
Sy is op 8 September uit die Hervormde Kerk in Thabazimbi begrawe.