Sport

Vlakvark kry wiele

THABAZIMBI – In die tweede jaar dat die Vlakvark Fietswedren as deel van die Thabazimbi Skou aangebied word, is daar heelwat meer inskrywings ontvang. Die plan is om dit sommer ‘n groot geleentheid op die fietsrykalender te maak.
Hierdie jaar het die Bosveld Akademie, die organiseerder van die fietswedren, sowat 47 inskrywings ontvang. Vroegoggend was die luggie koud, maar jonk en oud was daar om die pret mee te maak.
‘n Spesiale prys is oorhandig aan oom Holloway, 76 jaar oud en bekende gesig op sy fiets op die paaie om Thabazimbi, vir die 70km-rit wat hy voltooi het.
Die 70km-wedren is gewen deur Mario Ferreira en Wilma Pienaar en Lanti Gricius (gesamentlik eerste) in die mans- en vroue-afdeling onderskeidelik. Johan Koekemoer was tweede en Gerhard Rossouw derde in die mansafdeling. Patrys Pieterse was derde in die Dames 70km-wedren.
Onder dié wat die 35km resies aangepak het, was Riaan Koekemoer en Madeleine Bornman die eerste man en vrou onderskeidelik oor die wenstreep. Ene J Pienaar en G Horn was tweede en derde onderskeidelik in die mans-afdeling. Annette Dreyer en Yolandi Lubbe was die tweede en derde vrou onderskeidelik om die 35km-wedren te voltooi.
In die 2km-pretrit was Naas du Plessis die eerste seun en Inette Aggenbach die eerste dogter oor die wenstreep. Hulle het elkeen ‘n R100 koopbewys van Spar as geskenk ontvang.
Instansies wat die 35km- en 70km-wedrenpryse geborg het, was Suiwel Spens, MMT Metals, Tyre Corporation, Thaba Alarms, Vliegpoort Drankwinkel, Manny, dr Jaco Marais, Amper Mahala, Supa Quick, Thabazimbi Glas, Thaba Sport, Victor Potgieter Makelaars, Ikatiseng Sekuriteit en S&Z Paneelkloppers. Pryse het gewissel van R750-kontant (vir wenners in 70km-wedren) tot R100-kontant (vir diegene wat derde was in die 35km-wedren).