Agricultural

Rekordprys vir elandbul

VAALWATER – ‘n Suid-Afrikaanse rekordprys is betaal vir ‘n elandbul wat op 2 Augustus by die Waterberg Game Dealers-veiling in Vaalwater opgeveil is. Die nuwe eienaar het R19 000 daarvoor betaal.
Die altesaam 343 diere wat opgeveil is, is verkoop vir ‘n bedrag van R1 676 450. Swartwitpenskoeie is vir ‘n bedrag van R132 500 stuk verkoop, teenoor die bulle se R57 000 stuk, en kameelperdkoeie teen R20 000 stuk.
Die ander familiegroepdiere het meer standaardpryse behaal. Blesbokke is verkoop teen R1 250 stuk, blouwildebees teen R1 900 stuk, duiker teen R1 000 en elande teen R8 800 stuk.
Dertig gemsbokke is verkoop teen R6 187 stuk, kameelperd (nie koei) teen R18 000 stuk, koedoe teen R4 000 stuk, njala teen R5 068 stuk en rooibokke teen R924 stuk. Rooihartebeeste haal R4 725 stuk, rooiribbok R3 000 stuk, sebra R7 017 stuk en waterbokke R5 824 stuk.
Die bulle het ook goeie pryse gehaal. Basterhartbeeste is verkoop teen R12 333 stuk, blouwildebeeste teen R3 467 stuk (R4 200 vir die hoogste), bosbok teen R3 350 stuk, eland teen R14 467 stuk en gemsbokke teen R6 700 stuk.
Koedoebulle is verkoop teen R8 521 stuk, njalas teen R10 000 stuk (hoogste prys R13 250), rooibokke teen R1 150 stuk vir jonges en R1 463 vir volwasse ramme. Rooihartebeeste het gegaan teen R4 800 stuk en waterbokke teen R7 167 stuk met ‘n hoogste prys van R10 200 wat betaal is.
Die afslaer was Koot van Staden van Vleissentraal Bosveld.