Projek “Happy Feet”
Op Saterdag, 13 September 2008, beplan Projek “Happy Feet” om 70km, van Mawala Lodge, net buitekant Northam, tot by die Bloubrug en terug, af te lê. Die deelnemers van hierdie projek neem in 3 hoofgroepe deel. In Groep 1 lê elke lid die ongeveer 70km af in 7 fases waarvan 3 fases 10km fietsry en 4 fases 10km draf insluit. In Groep 2 lê elke lid die 70km af in 7 fases waarvan 3 fases 15km fietsry en 5km drag, en ‘n laaste fase van 10km fietsry insluit. Groep 3 is ‘n 70km fietsry-been vir diegene wat voel hulle is nie groot op die draf nie, maar wil steeds graag deelneem. Baie van ons het al die Walt Disney-film, “Happy Feet”, te siene gekry. Die projek het sy naam gekry te danke aan die hoofkarakter in hierdie film, Mumbo. Mumbo is ‘n klein pikkewyntjie wat nie kan sing nie. In sy kolonie is dit baie belangrik om te kan sing en dat elkeen weet wat sy/haar “heart song” is, want anders word jy eintlik glad nie as ‘n pikkewyn gesien nie en verwerp deur die groep. Die film het egter ‘n gelukkige einde wanneer Mumbo die hele kolonie red deur sy unieke manier waarop hy sy “heart song” hoor – sy voete! Die paar drawwers en fietsryers in Thabazimbi- en Northam-gemeenskap wil met Projek “Happy Feet” uiting gee aan hulle passie vir sport, maar ook gehoorsaam wees aan die opdrag van die uitbouing van die Koninkryk. Deur die leuse passie + gehoorsaamheid = aksie, volg elke lid sy/haar “heart song” op 13 September deur hulle deelname aan Projek “Happy Feet”. Alle deelnemers word per kilometer of per eenmalige donasie geborg en help op hierdie manier fondse insamel vir die NG Kerk Northam. Enige belangstellendes of mense wat navrae het kan Northam se NG Kerkkantoor kontak by 014 784 0411 of die projekorganiseerder, Luzaan Combrink by 014 777 2238 of 082 593 7084. Hou Die Kwêvoël dop vir verdere inligting met betrekking tot Projek “Happy Feet”! May your feet be happy too!