Oud inwoner oorlede
THABAZIMBI – Bekende en geliefde oud-inwoner van Thabazimbi is Donderdag 31 Julie oorlede op die ouderdom van 58 jaar. Hentie Maloney en haar gesin was sedert 1989 inwoners van Thabazimbi waartydens hulle die eienaars van die eertydse slaghuis, DJ Vleismark, was. Die laaste 5 jaar was Hentie woonagtig in Kempton Park waar sy werksaam was by die bekende Spar groep. Sy het diep spore nagelaat in almal se harte, kliënte en medemens. Sy word oorleef deur haar twee seuns, Tony en Daryl en haar vier susters, Mary, Anne, Dirkie en Baby. Die roudiens is gehou op 7 Augustus te Kempton Park in die Ou Apostoliese Kerk Birch Acres.