Jukskei Driespel Opedag
MOKOPANE – Die Tarentale bied op Saterdag 23 Augustus hul jaarlikse Driespel (dit wil sê 3 spelers in ‘n span) aan in Mokopane. Verrigtinge begin om 08:00.
Daar is slegs 18 bane beskikbaar en die sekretaris, De Graaff Genis, het bevestig dat alle bane reeds vol bespreek is. Indien daar persone is wat nie meer kan speel nie, moet Genis gekontak word by 082 902 6997, aangesien daar ander spelers is wat belangstel om deel te neem. Verversings sal verskaf word. Eie stoele moet saamgebring word.
Op Vrydag 29 Augustus vind die skole-ligas plaas in Polokwane om 14:00 en op Saterdag 30 Augustus om 08:00 is daar keuring vir die juniors. Spelers word gekies vir die Junior Bondedag wat op 11 Oktober plaasvind in Krugersdorp. Vir meer inligting hieroor kan Martiens Vermaak by 079 899 6803 geskakel word.
Op Saterdag 6 September bied die Kuscke Hoërskool ‘n Jukskei Ope Dag aan op Polokwane se jukskeibane om 08:00. Die daaropvolgende Saterdag (13 September) word die Direkteure Toernooi (skole) ook op Polokwane aangebied om 08:00. Vir verdere inligting skakel Martiens Vermaak by 079 899 6803.