General

Nuus Vanaf Hoërskool Frikkie Meyer

Die derde kwartaal is net-net 3 weke oud maar van dag een af hardloop die skoolmasjinerie volstoom.  Akademie, sport- en kultuuraktiwiteite is voluit aan die gang en hou die leerders en onderwysers baie besig!

Vroeg in die nuwe kwartaal het ons afskeid geneem van mev Estelle Swanepoel en mnr Nico Aucamp wat albei aan die einde van Julie afgetree het.  Ons mooiste wense vergesel hulle!  It is our pleasure to welcome the following new staff members to Frikkie Meyer:  Miss Annaret Snyman, Physical Science (grade 10);  Mrs. Elize Bezuidenhout, Maths  (grade 9 and 10);  Mr Godfrey Mafunga who will be teaching Maths to the grade 8 and 9 English (parallel medium) groups and Maths Literacy to the grade 10,11 and 12 English groups.  Mrs T Loots, EMS (grade 8 and 9) and Mrs Anè Sauerman Economics (grade 10 and 11) and EMS (grade9).

Die graad 12-leerders het  sommer met die intrapslag hulle vasgeloop in ‘n departementele gereedheidseksamen wat die afgelope Woensdag tot ‘n einde gekom het.  Dit dien as voorbereiding vir die rekordeksamen wat op 1 September begin.  Die res van die skool skryf hierdie kwartaal ‘n toetsreeks wat op 2 September begin.  Die toetse sal in die eerste uur van elke skooldag afgelê word, waarna die gewone akademiese skoolprogram sal voortgaan. Die Rekordeksamen en die toetsreeks duur tot 26 September.

The winter sports programme has reached its end and we are very proud of our 0/16A Netball team who took part in the Noordvaal Championships.  Although they did not end up as winners, they played excellent netball and held our schools name high.
Baie dankie aan mev Salomè Steyn en haar span: Ans-Marie Potgieter (Kaptein); Marli de Beer, Charmonè Kriel, Belinda Sadler, Juanita Joubert, Deniel Coetzee, Luani du Preez en Clementine Maboe.  Julle is sterre!

Die rugby-liga is afgehandel maar van die seuns neem nog deel aan die Driedruk kompetisie.  Twee wedstryde is al gespeel en albei is deur die Frikkies gewen.
Die Gholfspan het verlede week algeheel derde geëindig gedurende die Interhoër Gholf..
Met tennis het die seunspan in die semi-finaal afgereken met Rustenburg.  Die dogters se semi-finaal moet nog plaasvind.  Baie geluk aan almal en dankie aan elke toegewyde sportman/sportvrou en afrigter.  Ons is trots op elkeen wat sy bes doen!

Die toneelgroep onder leiding van mej Hanna Erasmus is hard besig om te repeteer aan ‘n Afrikaanse  toneelstuk:  VLU, waarmee hulle aan die Interskole Toneel gaan deelneem.  Ons sien met afwagting daarna uit!

Congratulations to Charmaine Clark, Lindi Grossling, Ilze Kruger,Alfred Morake, Jennie Noite, Ancia Roos en Amanda Venter  who achieved a total of 6 A++, 8 A+ en 9 A’s at the Pretoria Eisteddfod.

Good luck to each learner, parent and teacher for the busy term ahead
Sterkte aan elke leerder, ouer en onderwyser met ‘n besige kwartaal wat voorlê.