Sport

Posduifklub

THABAZIMBI – Die laaste Kortpad wedvlug was verlede naweek gevlieg. Die Kortpad wedvlug het oor 6 naweke gestrek vanaf Delareyville (293km) tot en met Lykso (440km). Baie geluk aan Francois Steenekamp wat hierdie jaar die Kortpad kampioen is. Glen van Rooyen wen beide die Jong duiwe sowel as die Ope wedvlug verlede naweek vanaf Lykso. Eerskomende naweek begin die Middelpad vanaf Kuruman (510km) en strek oor ses weke tot en met Olifantshoek (598km).Volledige uitslae – Lykso II: Jong duiwe 154 duiwe met ‘n spoed van 1346 meter per minuut(mpm). Glen van Rooyen behaal plekke 1, 5, 8, 9, 14, 15 en 18. Nick Oelofse behaal plekke 2, 4, 17, 25 en 35. Francois Steenekamp behaal plekke 3, 6, 20 en 22. Peristera hokke behaal plekke 7, 13 en 34. Johan Prinsloo behaal plekke 10, 26, 27, 33 en 38. Annette Steenekamp behaal plekke 11, 21, 24 en 30. Nico van der Westhuizen behaal plekke 16 en 32. John Johnson behaal plekke 19, 28 en 29. Koos Schutte behaal ‘n 23ste plek. Kiewiet Breitenbach behaal plekke 31 en 37. Albert Venter behaal ‘n 36ste plek. Uitslae van die Ope duiwe – 158 duiwe met ‘n wenspoed van 1340 meter per minuut (mpm). Glen van Rooyen behaal plekke 1, 5, 6, 23 en 25. Peristera hokke behaal plekke 2, 4, 20, 24 en 33. Koos Schutte behaal plekke 3, 16 en 17. Johan Prinsloo behaal plekke 7, 9, 10, 14 en 36. Nico van der Westhuizen behaal plekke 8, 19, 31 en 34. Francois Steenekamp behaal plekke 11, 15 en 38. Annette Steenekamp behaal plekke 12, 18, 26, 27, 28, 29, 30 en 32. Kiewiet Breitenbach behaal plekke 13, 21, 22 en 37. Albert Vorster behaal ‘n 35ste plek en Nick Oelofse ‘n 39ste plek. Die eerste plek op die algehele puntestand behoort aan Francois Steenekamp met 407 punte. Tweede Glen van Rooyen A met 399 punte. Derde Nico van der Westhuizen met 394. Vierde Glen van Rooyen B met 336. Vyfde Annette Steenekamp met 325. Sesde Johan Prinsloo A met 325. Sewende Peristera hokke met 295. Agtste Nick Oelofse met 262. Negende Nico van der Westhuizen  met 259 en Tiende is Johan Prinsloo B met 230 punte.