Nuwe aanstellings by Laerskool Thabazimbi
THABAZIMBI – Vier nuwe aanstellings, wat twee nuwe personeellede insluit, is by Laerskool Thabazimbi gemaak.
Me Susan Olivier is aangestel as die nuwe Departementshoof in die grondfase. Me Olivier, wat van Benoni afkomstig is, was by Laerskool Germiston ook Departementshoof grondfase. Me Olivier het 4 kinders waarvan die jongste in Gr 12 is. Mnr Nico Engelbrecht is as die nuwe Adjunkhoof van Laerskool Thabazimbi aangestel. Mnr Engelbrecht was voorheen Adjunkhoof by Laerskool Menlopark. Hy is getroud met Anita en het twee dogters, een in Gr 3 en die ander een in Gr 6.
Me Cecile Venter is aangestel as Departementshoof Tale. Me Venter is vanaf 1982 verbonde aan Laerskool Thabazimbi. Sy het vir 11 jaar waargeneem as departementshoof tale. Ockie Everson is aangestel as die nuwe Departementshoof Wiskunde. Mnr Everson is verbonde aan die skool sedert 1991 en was ook vir die afgelope 18 maande waarnemende Adjunkhoof. Die skool wens al die nuwe personeel en aanstellings sterkte toe en hoop dat hulle dit by Laerskool Thabazimbi sal geniet en die leerders sal aanspoor om net beter te werk.