Miss Cupcake kompetisie
THABAZIMBI – Dogtertjies tussen die ouderdomme van 4 en 7 jaar word genooi om deel te neem aan die Miss Cupcake kompetisie wat op 2 Augustus deur Kansa (Kankervereniging van Suid-Afrika) in Thabazimbi aangebied word.
Die kompetisie, wat ook in ander dorpe en stede deur die land aangebied word, vind in Thabazimbi plaas in die bioskoopsaal om 11:00 Saterdag 2 Augustus. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 31 Julie en die inskrywingsfooi is R150.
Die wenner van Miss Cupcake, Thabazimbi, kwalifiseer vir goeie pryse en sal moontlik later meeding teen ander Miss Cupcake-wenners in ‘n streekskompetisie.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by Kansa-kantore. Vir verdere navrae kan Adel Bothma by (014) 594 2424 geskakel word, of Lize Momberg by 084 506 8195 of 082 520 8455.