Groot opgewondenheid by Laerskool Thabazimbi
THABAZIMBI- Groot opgewondenheid het Woensdag by Laerskool Thabazimbi geheers met die aflewering van hulle nuwe bas marimba.
‘n Groepie kinders het gou kom help om die groot marimba uit te dra en te kyk hoe die marimba aan mekaar gesit word. Mnr Ian Lithgrow wat die marimba vervaardig het, het al die pad vanaf Johannesburg gekom om die aflewering te kon maak.
Die groot bas marimba is die nuutste toevoeging tot die skool se instrumente-versameling. Daar is altesaam 7 verskillende marimbas wat die leerlinge bespeel. En daar word hard geoefen om die groot marimba baas te raak. Twee leerling speel gelyktydig op die instrument.
Met die hoof se toestemming het die leerlinge wat aan die revue deelneem ‘n voorsmakie gegee wat die gehoor te wagte kan wees op 13 Augustus.
Die marimba word van kiaat hout gemaak en het die mooiste bas klank. Met die mini opvoering kon die bas klank mooi gehoor word en die gesigte van die leerlinge het gestraal van opgewondenheid oor die nuwe marimba.