Dwelm Voorkomings Sendings Aksie
Dwelms Voorkomings Sendings Aksie maak oop in George
Dwelms het ‘n geweldige probleem in ons gemeenskap geword die afgelope paar jare. Hulp is oral nodig. Dwelmsentrums is oorvol en mense het nie die finansies vir duur programme nie.
Ouers oral oor is bekommerd oor die blootstelling en druk waaronder ons kinders is en wat hulle moet teenstaan. Baie wil weet hoe moet ons, ons kinders inlig rondom die gevare van dwelm misbruik. Wat is die tekens waar na gekyk kan word, en hoe om hulle te waarsku, en so is daar nog baie vrae. Baie wil weet wat kan ek doen?
Pastoor Hendrik Groenewald van Circle of Life Ministries in George is alreeds 13 jaar besig met dwelm voorkomings programme in skole, kerke, besighede, asook opleiding vir groot maatskappye, ens regoor Suid Afrika.
Die wonderlike nuus is dat na 13 jaar het Pastoor Hendrik besluit om ‘n sendingstasie op George in die Wes Kaap oop te maak. Die doel van die stasie is om sendelinge reg oor die land op te lei vir dwelm voorkoming en terug te stuur na hul eie area.
Kerke sowel as die individu kan kom vir die sendings kursus.
Die kursus behels verskeie vakke wat insluit: Berading, dwelms, bevryding, sending, openbare aanbiedings, leierskap en prakties.
Kursusse kan per pos ook gedoen word waar die studente daarna vir ‘n sendingsweek na George moet bywoon, die week sluit in gebeds sessies op Outeniqua berge en Wildernis se strande.
Vir meer inligting kontak Pastoor Hendrik by 072 542 6727.