Entertainment

Bosveld bulle wys hul staal

Tydens die pas afgelope Bosveldfees op Lephalale het stoettelers van regoor die Bosveld hulle beste voetjie voorgesit.
Bulle en vroulike diere, gewas, gepoleer en haltermak is ten toon gestel. Beoordelaars van regoor die land moes koppe krap om die bestes van die bestes te bekroon.
Mnr Kobus Erasmus, voorsitter van die beeskomitee van die Bosveldfees meen dit was ‘n uiters suksesvolle skou.
Gasbeoordelaas van so ver as Botswana, nl. mnr Themba Dlodlo, ‘n Brahmanteler, het kom beoordeel.
Ses rasse het teen mekaar meegeding, nl. Wit en Rooi Brahmane, Sussex, Simbra, Santa Gertrudes, Limousin en Simmentalers.
Die groot kampioene van die skou was as volg: Interras Kampioenbul was ‘n Wit Brahman van Willie Becker se Nediebest, met ‘n Rooi Brahman van Johan Prinsloo as reserwe kampioen. Die titel van Interras Kampioen Vroulike dier het gegaan aan Piet Nel en Andre de Jager van Denel Limousins. Hulle het ook die beste paar op die skou vertoon.  Lobram Brahmane van Hannatjie Loots se Anki, ‘n Rooi Brahmanvers, was die Reserwe interras kampioen.
Die uitslae van die rasse was as volg:
Daar is vanjaar vir die eerste keer op die Bosveldfees ‘n Brahman Superkoei aangewys. Die Superkoei moet aan streng vereistes voldoen, onder meer om tenminste vyf kalwers groot gemaak het, beperkte TKP, melk- en speensyfers wat aan sekere standaarde voldoen, ens. Die Wit Superkoei was afkomstig van Willie Becker se Nediebest Stoet. Hy het ook nog pryse verower vir die Ras en senior kampioenkoei, Kalf kampioen versie, Junior en Reserwer Junior kampioenbul en Kalf Kampioenbulletjie.
Belle Vue Brahmane het Reserwe Junior kampioenvers, Reserwe kalfkampioenvers, die Reserwe Kalfkampioenbul en Senior kampioenbul vertoon.
Allan du Buys van Stahrling Brahmane het die Reserwe Raskampioenkoei, Junior kampioenvers en die Reserwe senior kampioenbul vertoon.
Rooi Brahmane: Die titel van Superkoei het gegaan aan die Bar Circle Brahman stoet van Peet en Paul Pienaar.
Hannatjie Loots se Lobram Brahmane het baie goed gevaar met die Reserwe Interras vroulike dier, Anki, wat ook Ras en Junior kampioen was. Een van haar diere was ook Reserwe Raskampioen vroulik. Pilotboy is aangewys as Senior Kampioenbul.
Johan Prinsloo van PRI Brahmane het trofee verower vir sy bulle vir Kalf en Reserwe Kalf kampioen, Junior en Reserwe Junior kampioen en Reserwe Senior kampioenbul. Sy vroulike diere is bekroon as Res Ras kampioen, Senior kampioenkoei, Reserwer Junior kampioen vers en Kalf en Reserwe Kalfkampioenvers.
Santa Gertrudes: Raskampioen bul: H Nel en R Brink as reserwe. Raskampioen vroulike dier: H Nel. Senior kampioenbul: H Nel. Senior en Res Kampioen koei: H Nel. Junioer kampioenbul: R Brink. Junior en Res Kampioenvers: H Nel. Kalfkampioen bulletjie: R Brink. Res: H Nel. Kalfkampioenversie: H Nel
Simbras: Raskampioen en senior kampioenbul asook die junior kampioenbul: H Roux
Raskampioen vroulike dier, asook al die ander titels het gegaan aan Kobus en Mieta Erasmus van Jacmi Simbra’s.
Jacmi Simmentalers het ook die volgende pryse by die Simmentalers verower: Mej Tiener, Junior Kampioenvers en die Reserwe kampioenkoei. Thelza Simmentalers van Theo en Elzabe Bothma het baie goed gevaar met: Ras en Reserwe raskampioen bul,
Raskampioen, Reserwe Raskampioen en senior kampioen vroulike dier, Mej Tiener en haar Reserwe, Reserwe Junior kampioenvers, Raskampioen Junior Bul, Mnr Tiener en sy reserwe.
Limousin: Raskampioen bul: Chris van Zyl. Raskampioen vroulike dier: Piet Nel en Andre de Jager en Reserwe van Chris van Zyl. Senior en Reserwe kampioenbul: Piet Nel. Senior Kampioen koei: Piet Nel. Junior kampioenbul: Chris van Zyl en Reserwe dier van Kobus van Tonder. Junior Kampioenvers: Chris van Zyl met Kobus van Tonder as Reserwe. Kalfkampioen bulletjie: Chris van Zyl