Voëlklanke op CD welkome hulpmiddel vir voëlkykers
Persverklaring
‘n Nuwe CD met 208 Suid-Afrikaanse voëlklanke op is sopas vrygestel.
Dit is moontlik om hierdie CD in jou motor, op ‘n gewone CD-speler of op rekenaar te luister.
Die 208 voëls wat in die opname ingesluit is, is om twee redes gekeur. Eerstens is die mees algemene voëls wat in Suid-Afrika aangetref word en wat voëlkykers gereeld behoort te sien, ingesluit en tweedens is spesifiek voëls met kenmerkende en mooi sang opgeneem.
Wat uniek aan die CD is, en ‘n eerste vir Suid-Afrika, is dat elke voël se gewone naam voor die klank in Afrikaans en Engels gelees word.
‘n Handige voupamflet sluit elke voël op die CD se Afrikaanse en Engelse naam, sowel as die jongste amptelike identifikasienommer in.
Die naam van die CD is Bird Calls of Wild Africa.
Die CD is ‘n opvolgprojek van Saartjie Kidson en Herman van Niekerk, na hulle suksesvolle Kitsgids tot Voëls van die Bosveld (Spotter’s Guide to Birds of the Bushveld) saamdra sakgids met meer as 800 voëlfoto’s in. Die CD-projek is in samewerking met kundiges van die Transvaal Museum onderneem.
Die CD verkoop vir R75 en kan bestel word deur tel 014 743 0795 of 082 3005 974 te skakel.