Nuus van Bosveld Posduifklub
SWARTKLIP – Die wedvlug die afgelope naweek was van Vryburg en die uitslae vir die Bosveld Posduifklub is as volg.
In die Jong Duiwe-afdeling was Gejuti Hokke eerste met ‘n wenspoed van 1206,86 meter per minuut (mpm). Tweede was Johan Alers A (Bundu Hotel) teen 1205,11 mpm, derde Herman Redelinghuys teen 1136,52 mpm, vierde NJ Geldenhuys A (Oppikoppi) teen 1160,9164 mpm, vyfde NJ Geldenhuys A (Oppikoppi) teen 1160,9164 mpm en sesde was Johan Alers A (Bundu Hotel) teen 1154,82 mpm.
In die Ope Afdeling was Johan Alers A (Bundu Hotel) eerste met ‘n wenspoed van 1197,41 mpm. Tweede was Johan Alers B teen 1193,64 mpm, derde Gejuti Hokke A teen 1184,27 mpm, vierde Johan Alers A teen 1176,49, vyfde NJ Geldenhuys A (Oppikoppi) teen 1175,1560 mpm en sesde NJ Geldenhuys A (Oppikoppi) teen 1175,1560 mpm.