Entertainment

Nova kortverhaal kompetisie

Science Fiction South Africa (SFSA) oftewel Wetenskapsfiksie Suid-Afrika bied ‘n kompetisie aan kortverhaalskrywers, by name die Nova Kortverhaal Kompetisie.
Dit is die 27ste jaar wat hierdie kompetisie aangebied word en dit moedig skryfkuns in wetenskapsfiksie en fantasie aan. Die sluitingsdatum is 30 September 2008.
Vanjaar word die kompetisie in twee afdelings beoordeel. Die verhaal kan afspeel teen ‘n algemene agtergrond of ‘n Suid-Afrikaanse agtergrond.
In die Suid-Afrikaanse Afdeling word R750 vir die wenner, R500 vir die naaswenner en R250 vir die derde prys oorhandig. In die Algemene Afdeling is die eerste prys R500, die tweede prys R300 en die derde prys R200. ‘n Spesiale prys vir skrywers jonger as 18 jaar oud sal toegeken word as inskrywings van hoogstaande kwaliteit ontvang word.
Inskrywingvorms kan verkry word van SFSA Short Story Competition, c/o Andrew Jamieson, PO Box 2360, Northwold, 2155 of die webwerf www.sfsa.org.za kan besoek word vir verdere inligting.