General

Northam VLU maak Macramé boekmerkies.

SWARTKILP- Northam VLU open hulle 182ste vergadering op 19 Junie in die Metodiste Kerksaal.
Die tak wil net aan Annetjie Dreyer voorsitster van  die Northam VLU  geluk wens met haar verkiesing tot Streeksvoorsitster tydens die afgelope jaarlikse Kongres te Modimolle.
Annetjie het die amp as takvoorsitster oorgedra aan Louise du Plessis, sy is ook al lank ‘n lid van die VLU.  Sy het haar egter goed van haar taak gekwyt tydens haar  eerste vergadering.  Alle sterkte word haar en Annetjie toe gewens.
Na al die formaliteite afgehandel is het die dames mooi geluister hoe daar nou eintlik ‘macramé “gevleg” word.  Sy het aan die dames die basiese plat knoop gedemonstreer.  Verskeie variasies van die platknoop is deur die dames bemeester, en daar is lekker geknoop.
Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike warm sop en broodjies.
Die volgende vergadering vind plaas op 17 Julie waartydens dadel ontbytskons beoordeel sal word.
Vir meer inligting kontak gerus vir Mari Meintjies by 014 786 0304 of 082 086 4915.